Antarktiese Sirkel

Kaart van Antarktika met die Antarktiese Sirkel in blou

Die Antarktiese Sirkel is die suidelikste van die vyf groot breedtegraadsirkels soos aangedui op kaarte van die Aarde. Die streek suid van hierdie sirkel is bekend as Antarktika en die gebied net noord daarvan as die Suidelike Gematigde Sone. Suid van die Antarktiese Sirkel is die son minstens een keer per jaar 24 aaneenlopende ure bo die horison (en dus sigbaar om middernag) en minstens een keer per jaar 24 aaneenlopende ure ten minste gedeeltelik onder die horison (en dus nie in die dag ten volle sigbaar nie); dit geld ook vir die ekwivalente poolsirkel in die Noordelike Halfrond, die Arktiese Sirkel.

Die Antarktiese Sirkel het nie ’n vaste posisie nie; van 10 September 2018 af loop dit 66°33'47.3" suid van die ewenaar.[1] Sy breedtegraad hang af van die Aarde se ashelling, wat wissel binne 'n marge van 2° oor 'n tydperk van 40 000 jaar vanweë getykragte wat deur die maan se wentelbaan veroorsaak word.[2] Gevolglik dryf die Antarktiese Sirkel tans suidwaarts teen 'n spoed van sowat 15 meter per jaar.

  1. "Obliquity of the Ecliptic (Eps Mean)" (in Engels). Neoprogrammics.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2020. Besoek op 13 Mei 2014.
  2. Berger, A.L. (1976). "Obliquity and Precession for the Last 5000000 Years". Astronomy and Astrophysics. 51: 127–135.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne